-
Professionele VEEKUNDIGE ADVIESDIENS tydens
jaarlikse kuddebesoek deur geakrediteerde rasadviseur.
-
OOP KUDDEBOEK - begin deur u eie Brangus tipe vroulike
dier (Brahman X Angus) vir opname as Appendix A (F1) of B (F2) aan te bied;
-
GROOT GENEPOEL beskikbaar – weręldwyd is die Angus die
grootste vleisbees ras en die Brahman die mees talryke ras in die
tropiese gebiede.
-
KOMBINASIE VAN TWEE UITSTEKENDE RASSE: vrugbaarheid (aanpasbaarheid),
vleiskwaliteit, klein kalfies (32kg), bogemiddelde 200 dae (speengewig)
(220kg), koeie mediumraam (481kg) – Brangus- "die natuurlike kurwe
knakker". 92% van alle Brangus telers neem deel aan
prestasietoetsing.
-
"SOUTH AFRICAN TENDERIZER" Wetenskaplike resultate toon dat
98% van alle Brangus karkasse sag of baie sag is;
-
Teel
POENSKOP;
-
Unieke Brangus opgraderingstelsel;
-
Kies
kombinasie wat vir jou die beste werk in jou omgewing (vanaf 3/16
Angus tot 3/16 Brahman);
-
Meerbulparing kan vir teling van A en B gebruik word;
-
VERPLIGTE KEURING deur ras keurders op die plaas
VOOR REGISTRASIE. Seleksie gebaseer op voorkoms en
prestasie;
-
Vrywilige deelname aan die węreld se mees gevorderde vleisbees-
prestasietoetsstelsel (BREEDPLAN International, +30 miljoen
vleisbeeste, 70 beestelers genootskappe);
-
Stambome, prestasierekords en vele meer van alle Brangusse gratis
beskikbaar aan almal by
www.brangus.org.za;
-
Vastefooie vir kuddes met meer as 500 koeie (koste per dier neem
af soos kudde bo 500 koeie vergroot).
-
Seleksie: net 4 van elke 10 bulle word geregistreer;
-
92% van alle telers neem deel aan PRESTASIETOETSING
(96% van alle diere prestasie getoets)